2 maande gelede
Staat ‘gooi die mense vir wolwe’
PAST. BRENDON OLIVIER FOTO’S VERSKAF  ~ 

VANJAAR is die jaar dat iets aan sy daaglikse omstandighede gaan verander.

So glo past. Brendon Olivier, wat beweer hy is met leë beloftes gedwing om destyds in die moordverhoor van Jermaine “Broer” Baadjies te getuig.

Nadat die pastoor gedreig is, moes hy noodgedwonge in die getuiebeskermingsprogram gaan.

Hy het daai tyd sy huis, werk en voertuig agtergelaat en moes met net die klere aan sy lyf vlug.

“Ek moes ook nee sê vir ’n werkgeleentheid in Namibië, waar ek ’n maandelikse salaris van R12 500 sou gekry het,” het hy vroeër verduidelik.

Hy is glo belowe die staat sou vir sy huis betaal en hom vergoed vir die werksgeleentheid wat hy in Namibië mis­geloop het. Dit het nie gebeur nie.

Dokumente

Hy het Mark Williams Prokureurs aangestel om die minister van polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag te sue omdat hy soos ’n hawelose leef. Hy eis nou R6 miljoen.

Olivier verduidelik die saak is nog nie in die hof nie.

“My prokureur en die staat se prokureurs stuur nog dokumente oor en weer.

“Maar daar is nie een enkele ding wat hulle kan ontken nie.

“En ek is vir seker die Here is met ons in dié ding.

“Ons gaan deur moeilike tye, maar ons survive. Ek glo vanjaar is die jaar dat hulle (die staat) iets moet doen.”

Daar is al wyd oor Olivier se sad storie berig – in verskeie koerante, op televisie en selfs ’n documentary word nou oor hom gemaak.

Boonop is ’n Amerikaanse mediamaatskappy tans in kontak met past. Olivier om ook sy storie te vertel.

Families

“Die mense sê hulle was altyd onder die indruk dat Suid-Afrika een van die beste getuiebeskermingsprogramme in die wêreld het, maar my storie wys hoe die system die mense faal.”

En Olivier is nie die enigste een nie.

“Ek is tans in kontak met vier families in dieselfde predicament.

“Een van die families is ’n moeder met haar kinders. En die staat het vir haar gesê as die saak klaar is, moet hulle terugkom Baai toe. Maar hulle kry nou klaar dreigemente van gangsters.

“Hulle voel onveilig, so ek het gesê hulle moet maar by ons kom bly.

“Ek gaan die families ook help met sake teen die staat.

“Die staat gooi ons vir die wolwe.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters