Verlede maand
Só reik leiers op biddag uit
 ~ 

KERKLEIERS in die Baaise Northerns sê al word plekke van aanbidding môre oopgestel, gaan hulle vandag nog die nasionale biddag via die sosiale media behartig.

Pres. Cyril Ramaphosa het die afgelope week aangekondig dat ’n nasionale biddag vandag gehou word te midde van die stryd teen die wêreldwye Covid-19-pandemie.

Eerw. Denver Grauman van die Morawiese Kerk in New Brighton sê in die Baai is daar altesame 10 gemeentes.

Hy sê die plan is om die 24 uur van die nasionale biddag onder die 10 gemeentes te verdeel.

Luister

Volgens Grauman gaan die boodskappe en gebede via Whats­App versprei word.

’n Lys van wanneer elke gemeente na sy of haar gebed en boodskap kan luister, sou Vrydag opgestel word.

Volgens hom gaan elke gemeente op ’n ander tyd ’n uur gegun word om na die vooraf re­cord­ed gebede te luister.

Grauman sê die eerste gebed en boodskap word reeds Saterdagnag 00:00 op WhatsApp gepost vir die eerste gemeente. Ná ’n uur kan ’n ander gemeente dan inskakel vir sy gebedsessie.

Grauman sê hulle verkies dié formaat omdat daar nie ’n uur in die dag moet wees waarin nie gebid word nie.

Volgens hom gaan die gebedsketting ook met die gebruiklike preek saamloop.

Eerw. Nilan Scheuble van die Audrey Rene­cke-gemeente in Weseinde het Vrydag gesê hy gaan ’n paar diakens in sy kerk vra om ’n paar gebede op te neem en dit vir hom aan te stuur.

Scheuble sê hy gaan dan deur die loop van vandag die ge­bede as voice clips op die kerk se Whats­App-groepe laai.

Volgens hom gaan hy die gebede vandag al vanaf 09:00 begin opsit.

Die eerwaarde beoog om elke drie ure ene te laai.

Ds. Adam Berkatt van die United Congrega­tional Church in Chatty sê hy gaan vir die nasionale biddag sy gebed en preek vandag net voor 10:00 via Whats­App in die vorm van voice notes­ aan die lede van sy gemeente stuur.

Ds. Berkatt sê daarmee saam gaan hy elke familie versoek om tuis ’n gebed te doen.

Privaatheid

Eerw. Nicolette Leonard van die gemeente St. Mary Magda­lene in Weseinde sê sy stuur vanoggend 05:00 via WhatsApp ’n video clip van haar gebed en preek uit aan al haar gemeente­lede.

Volgens Leonard gaan sy die video clip op die gemeente se 15 Whats­App-groepe deel.

Leonard sê sy het haar gemeentelede boonop versoek om in die privaatheid van hul eie woning te bid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters