DRIE laerskole in Uitenhage het weens skietery en kommer oor kids se veiligheid besluit om ’n week voor die einde van die kwartaal te sluit.
CW Hendrickse, Dalrose en Seagull Primêr het Donderdag almal waarskuwings op hulle sosialemedia-platforms uitgereik, berig Algoa FM.
Abdul Receit, hoof van CW Hendrickse, sê hy het met Dalrose en Seagull in verbinding getree omdat hulle almal naby aan mekaar geleë is. Hy sê hy het ook die onderwysontwikkelingsbeampte (EDO) gekontak wat hom aangesê het om die situasie te assesseer en ’n besluit te neem.