7 dae gelede
Saak verander getuie se lewe
ANGELO ‘DAKOTA’ HENDRICKS  ~ 

VOLGENDE maand is dit tien jaar sedert pastoor Brendon Olivier se lewe verander het.

Dít was toe hy op 27 Mei 2009 in Helenvale ’n ooggetuie was van die moord op Angelo “Dakota” Hendricks.

Hy’t vertel hy was op pad na sy suster se huis naby die busterminus toe hy op ’n hoek ’n groep jong manne sien staan wat koeldrank drink.

Soos Olivier verbygeloop het, het hulle vir hom koeldrank aangebied.

“Ek het die jong manne geken en het met hulle oor die Here gepraat en vir hulle ingelig om positiewe ver­anderings weg van bende­geweld te maak,” het hy destyds aan Son gesê.

Dagvaarding

Terwyl Olivier nog gestaan en bid het, het hy ’n skoot gehoor. Sy arm was om Hendricks se nek toe hy in die straat geval het.

Drie jaar ná die voorval het Olivier ’n dagvaarding gekry om op 10 Oktober 2012 in die hof te verskyn as ’n getuie. Gangsters het op dieselfde dag dreigemente voor sy huis gemaak.

Hy is toe in die getuiebeskermingsprogram geplaas.

Jermaine “Broer” Baadjies is op 7 Mei 2013 skuldig bevind.

In die uitspraak het regter Phakamisa Tshiki vir Olivier uitgesonder as ’n baie geloofwaardige getuie.

Baadjies is op 8 Mei 2013 lewenslank tronk toe gepos.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters