2 maande gelede
Russiese skip ‘in arres’
Ngqura-haweFoto: WIKIPEDIA  ~ 

DIE SA Raad vir die Versperring van Wapens van Massavernietiging (NPC) het bevestig die “plofstof-bymiddels” wat op ’n Russiese skip naby Port Elizabeth gevind is, het nie ’n deurgangspermit nie, berig News24.

Sidwell Medupe, woordvoerder van die departement van handel en nywerheid, sê die polisie het die NPC ingelig oor die vrag plofbymiddels op die skip wat buite die Ngqura-diepseehawe in arres is.

Die SA Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) is ook ingeroep.

Hy het verklaar dat al die “gevaarlike goedere” op die vaartuig korrek geberg is ingevolge internasionale reg, berig The Herald.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters