3 maande gelede
Rou riool dam nog op in rivier
Dié foto van riool in die Swartkops­rivier is in Augustus geneem.  ~ Foto Verskaf

ROU, onbehandelde riool vloei nou al langer as ’n jaar in die Swartkopsrivier in die Baai.

Die riool besoedel die water en die stank maak die inwoners se lewe hel.

Só lees ’n verklaring deur rdl. Masixole Zinto, DA-woordvoerder oor infrastruktuur en ingenieurswese in Nelson Mandelabaai.

Zinto het Vrydagoggend inspeksie gedoen van die Kelvin Jones Waste Water Treatment Plant in Uitenhage.

Marshall von Buchenroder (LP), Jonathan Lawack (koukusleier in Nelson Mandelabaai), Yusuf Cassim (DA-skaduminister van omgewing­sake), en ander DA-verteenwoordigers het Zinto vergesel.

Zinto sê die riool wat in die Swartkopsrivier vloei, is nou al hóéveel keer by die ANC-beheerde koalisie aangemeld.

Volgens Zinto val die inwoners se pleidooie vir bystand op dowe ore.

Hy voeg by ’n spill vroeër dié maand het plaaslike onder­nemings in Algoaweg in Uitenhage geraak.

Baie van die ondernemings moes hulle deure tydelik sluit omdat die riool tot in hulle perseel gevloei het.

Volgens Zinto is dit haglik hoe die ANC-beheerde koalisie blatant weier om basiese dienste te lewer aan die inwoners van Uitenhage – diens­te wat kritiek is vir die gesondheid van sy inwoners.

Hy sê die DA gaan die party hiervoor aanspreeklik hou.

Zinto sê die inwoners van Nelson Mandelabaai moes nou al te lank ly onder die ANC-beheerde koalisie se wanbestuur.

Petisie

Volgens hom is dit hoog tyd dat die belange van die inwoners eerste gestel word.

Hy sê die DA gaan nou ’n petisie opstel waarin ’n beroep op die munisipale bestuurder gedoen word om dringend aandag aan die rioolprobleem te skenk.

Volgens Zinto is die DA in gesprek met die departement van water en sanitasie.

Hierdie departement het die au­thority om die Kelvin Jones Water Treatment Plant te monitor en te inspect.

Hy sê die saak het dringend aandag nodig en daar moet dringend opgetree word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters