15 dae gelede
Pote soek 2 Hondekoppe
 ~ 

DIE Oos-Kaapse bende-ondersoekeenheid vra die gemeenskap se hulp om twee vermeende Hondekop-gangsters te vind.

Hulle word gesoek oor hulle glo op ’n huis in Burke­straat, Bloemendal, gevuur en ’n onskuldige omstander, Ambrose Booi (58), doodgeskiet het.

Volgens die cops se inligting het die twee gangsters die huis van ’n ander Hondekop-bendelid Donderdag 14:00 genader.

Hulle het begin skiet en Booi noodlottig in sy bors getref. Die verdagtes het weggehol.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, vra as enigeen weet wie die killers is, moet hulle die inligting asseblief vrywillig of anoniem met lt.kol. Mike Grobler deel deur hom te bel by 082 442 1825 of bel Crime Stop by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters