Verlede maand
Polisie trek 2 ouens vas in
gevang: Polisielede arresteer ’n 38-jarige man in Kinkelbos vir die besit van Mandrax as deel van Operasie Basadi.FOTO VERSKAF  ~ 

TWEE verdagtes is tydens die uitvoering van Operasie Basadi in Kinkelbos in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

In ’n gesamentlike operasie het die polisie, provinsiale verkeersbeamptes en die departement van vervoer ’n padblokkade op die N2 by Kinkelbos uitgevoer.

Die meeste van die lede wat die padblokkade uitgevoer het, was vrouelede.

Operasie Basadi se fokus lê by onwettige vuurwapens, gesteelde goedere, veediefstal en gehoorsaamheid aan die padreëls.

Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê in die operasie is ’n 41-jarige man vir dronkbestuur in hegtenis geneem. ’n Ander man (38) is ook in hegtenis geneem vir die besit van Mandrax.

“ ’n Sak met 99 Mandrax-tablette met ’n geskatte straatwaarde van R5 000 is in sy voertuig gekry,” sê Beetge.

’n Verdere 14 boetes ter waarde van R10 200 is uitgereik. Die twee verdagtes het Vrydag in die Alexandria-landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters