Verlede jaar
PE: Warmste Junie in jare
Port Elizabeth  ~ Leo ZA1 / Wikipedia

DIE Suid-Afrikaanse Weerdiens sê PE het een van sy warmste Junies nóg agter die rug. Rekordhouding het in 1950 begin.

Vanjaar se gemiddelde maksimum vir Junie was 22,5 °C. Dis hoër as die 22,1 °C wat in 1996 in die Baai aangeteken is.

Oos-Londen se gemiddelde maksimum van 24,1 °C is sy hoogste sedert 1950.

Fort Beaufort se 24,3 °C en Bhisho se 22,9 °C is hul hoogste sedert 2000. Dit word toegeskryf aan min wolke en minder frontale stelsels. – algoafm.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters