3 maande gelede
Pastoor ’n peacock in die dock
UITGEDOS: Omotoso lyk soos ’n paradysvoël wat elke keer in ander vere in die hof pronk.  ~ Foto Verskaf

WANNEER die vermeende sekspes-pastoor Timothy Omotoso met elke hofverskyning vanuit die hofselle die hofbanke bestyg, voel dit eers asof ’n mens in die voorste ry van ’n eksklu­siewe modeparade sit.

Wat dit nog meer na ’n mode­parade laat lyk, is dat nuusfotograwe toesak op die stigter van die Jesus Dominion International Church wanneer hy met sy eksotiese uitrustings in die hof instap. Jy sien net kameras flits.

Dit lyk asof dié “fashion-goeroe” die kameras like, want jy sien hom nie vir een oomblik vir die media duck and dive wanneer die kameras begin flits nie.

Die Nigeriese pastoor se buitengewone, flambojante uitrustings het mense al sedert sy eerste hofverskyning aan die praat.

Sommige wil selfs weet waar die ou man shop en of hy ’n eksklusiewe fashion designer het.

Dalk kan die pastoor ’n mens ’n paar fashion tips gee, of hoe?

Omotoso se verhoor het die afgelope week volstoom begin nadat dit ’n ruk lank op ys was.

Een van die redes was dat die eerste voorsittende beampte in die aanvanklike verhoor hom van die saak onttrek het.

Omotoso en twee vroue staan op onder meer seksklagte tereg.

Die eerste staatsgetuie, Andisiwe Dike (30), was drie dae van die week in die getuiebank. Kort nadat Peter Dauberman (vir die verdediging) Woensdag met sy kruisondervraging begin het is die saak tot môre uitgestel.

Dauberman het gesê hy het teenstrydighede opgetel in Dike se getuienis en haar polisieverklaring.

Foto:
Foto:

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters