6 maande gelede
Pangamanne breek in
STIL: Venterlaan in die Baai is in ’n landelike area. Foto: GOOGLE MAPS  ~ 

VIER mans met pangas het twee broers op ’n kleinhoewe in Venterlaan, Theescombe, Vrydag omstreeks 03:00 beroof.

Die voordeur is oopgeforce en die broers (22 en 24) het wakker geword.

AO Alwin Labans, polisiewoordvoerder, sê die broers is aangehou. Die verdagtes wou weet waar die derde broer is. Dié was uit vir die nag.

Die verdagtes het die huis geplunder en met rekenaartoerusting en klein items laat spaander.

Toe die derde broer 05:00 tuis kom, was die voordeur oop. Hy het die cops ontbied.

Niemand is beseer nie en ’n saak van huisbraak word ondersoek. – Herald Live

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters