Verlede maand
Ouma (89) in oord vermoor
Brig. Thembinkosi Kinana  ~ SABCNews

DIE Oos-Kaapse polisie ondersoek die moordsaak van ’n ouma (89) wat in ’n aftree-oord in Komani (Queenstown) vermoor is. ’n Neighbour het Donderdag 09:00 gaan check of sy oukei is en op die lyk met wonde aan die bolyf afgekom.

Brig. Thembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moord is nog nie bekend nie en geen inhegtenisneming is tot dusver uitgevoer nie.

Die polisie vra enige iemand wat kan help om die moord op te los om hul naaste polisiestasie te kontak of bel speursers. Singatwa Dimaza by 078 326 3774 óf bel Stop Misdaad by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters