4 maande gelede
Oos-Kaap pak gender-geweld só
Geweld: Die 16 dae van aktivisme maak vroue en kinders bewus van abuse teen hulle.Foto ter illustrasie: Jonathan Lestrade  ~ 

DIE Oos-Kaapse regering is besig om sy stryd teen geslag-gebaseerde geweld te verskerp.

’n Multi-sektorale stuurkomitee wat op gemeenskappe sal fokus wat swaar getref is, is op die been gebring.

Die komitee is ingestel in reaksie op pres. Cyril Rama­phosa se versoek vir vinnige reaksiespanne om geweld teen en moorde op vroue te bekamp.

Die komitee sal ’n 100 dae lange vinnige reaksie-benadering instel om die afhandeltyd van aangemelde sake te bespoedig.

Mobiliseer

Die multisektorale stuur­komitee onder leiding van Siphokazi Mani-Lusithi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, sal regstelling vir slag­offers verseker en opvolgwerk doen oor die inhegtenisname en vervolging van oortreders.

Oscar Mbuyane, Oos-Kaapse premier, sê: “Ons is besig om mans, belanghebbers en vroue te mobiliseer sodat mense nie daaraan gewoond raak om verkeerd te doen nie. Ons wil nie aggressie hê in die naam van die liefde nie.”

Hy sê vroue moenie die stryd gewonne gee wanneer mans verkeerde dinge doen nie en vroue hulleself nie kan beskerm nie.

Ondersteuning

Volgens hom vind moord op vroue en meisies meestal in die slaapkamer plaas.

Hy vra almal om daarop bedag te wees.

Mabuyane sê vroue en kids moet altyd beskerm word.

Die program het die ondersteuning van die Verenigde Nasies.

Die besluitnemers het ’n wyk-gebaseerde benadering aangeneem om sodoende toe te sien dat alle lede van die gemeenskap ook ’n rol kan speel in die voorkoming van geslagsgebaseerde geweld. – SABC News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters