3 maande gelede
Northerns kry gou ’n cop shop
belofte: Bheki Cele vertel die gemeenskap van Qunu van die nuwe polisiestasie. Foto’s: CHARLES PULLEN  ~ 

DIE addisionele polisiestasie in die Baaise Northerns gaan binnekort gebou word.

Dis iets waarvoor die inwoners hier al lank gevra het.

In Desember 2018 het Bheki Cele, die minister van polisie, die gemeenskap besoek en belowe ’n stasie sal min of meer teen dié tyd gebou wees.

Nou sal die Bethelsdorp-polisiestasie se las ligter kan wees.

Cele en ander polisiehoës het dié week ’n oorsigbesoek gedoen by die site waar ’n medium-grootte polisiestasie gebou gaan word.

Die doel van sy besoek was ook om saam met die gemeenskappe te engage.

Dié site is geleë oorkant die informele nedersetting Qunu. Die omliggende gebiede is Marikana, 7de Laan en Greenfields.

“Ons het in Desember na die gemeenskap gekom om te luister. Van die kwessies wat hulle uitgelig het, is die bou van ’n polisiestasie en gangsterism.

“Maandag gaan hulle begin om die site skoon te maak. Daar is R11 miljoen begroot vir dié polisiestasie,” sê Cele.

Hy voeg by hulle wil oor die algemeen meer medium-grootte polisiestasies bou sodat inwoners in staat sal wees om daarheen te kan loop.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het gesê dit sal ses weke vat om die polisiestasie te bou. Die bouwerk sal na verwagting einde September afgehandel wees.

Die anti-gang unit, wat bestaan uit verskeie nasionale polisie-eenhede, is ook in Desember 2017 bekendgestel. Cele sê sedert hulle ontplooi is, is 19 persone vir ’n lang tyd tronk toe gestuur.

“In dié boekjaar het die anti-gang unit 37 mense gearresteer vir kwessies wat te doen het met gangsterism. Daar is definitief vordering gemaak,” meen Cele.

Hy voeg by dié anti-gang unit sal nou ’n permanente instelling wees.

Oor die voorstel dat die army ook in die Northerns ontplooi moet word, sê Cele: “Dit het ’n baie lang tyd gevat vir dít om in Kaapstad te gebeur.

“Die gemeenskap het die kwessie uitgelig dat hulle jaloers is op Kaapstad.

“Ons gaan op die grond assesseer om te kyk ...

“Daar is nie (tot dusver) ’n behoefte gewees vir soldate nie, maar ons sal ons ore op die grond hou.”

Cele het ook ’n padblokkade in Standfordweg naby Salsoneville besoek. 

oorsig: Bheki Cele gesels met verkeersbeamptes by ’n padblokkade in Standfordweg.
luister aandagtig: Die gemeenskap vergader in die Booysenpark-gemeenskapsaal, waar die minister van polisie, Bheki Cele, hulle toespreek.
belofte: Bheki Cele vertel die gemeenskap van Qunu van die nuwe polisiestasie. Foto’s: CHARLES PULLEN
toets: Bheki Cele, die minister van polisie, laat sy vingerafdruk by ’n padblokkade in die Baaise Northerns scan.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters