Verlede maand
Northerns groet Eerw. Arends
respek: Roubeklaers vorm ’n erewag terwyl eerw. Sam Arends se oorskot verby beweeg. Foto: BRYAN GOLIATH  ~ 

DIE snerpende koue het honderde rouklaers nie gekeer om ’n erewag vir hulle geliefde eerwaarde, wyle Samuel Arends, te vorm nie.

Arends was 64 jaar in die bediening. Die oorskot van eerw. Sam is Woensdag vroegoggend deur die strate van die Northerns geneem sodat die duisende in­woners wie se lewe hy so positief beïnvloed het, hulle laaste respek kon betoon.

By die Bethesda Congregational Kerk waar hy vir baie jare gedien het, is ’n kort Woord en gebed gedoen.

Bedank

’n Gees van aanvaarding het geheers. Eerw. Sam se vrou, Daphne, met wie hy meer as 60 jaar getroud was, het kalm voor haar uitgekyk terwyl die res van die familie om haar gestaan het.

Die sekretaris van die kerk, Eugene Serfontein, het haar en die familie bedank omdat hulle eerw. Sam onbaatsugtig vir baie jare met die kerk gedeel het.

“Meneer het sy familie afgeskeep om ons te dien.

“Ek onthou daai jare toe hy nog die kombi gehad het hoe hy dit tot eer van God gebruik het.

“Ons is almal produkte van sy leringe. Sy nalatenskap sal vir ’n lang tyd onthou word,” het Serfontein gesê.

Eerw. Thomas Meyer, wat voor Arends opgegroei het, sê eerw. Sam was ’n groot figuur.

“Hy was ’n vader vir baie van ons. Iemand met ’n omgee-gees en baie nederig.”

Eerw. Sam is ná afloop van die diens in ’n privaat seremonie veras.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters