3 maande gelede
Middelman in Jayde-moord later verhoor
LuthandoSiyoniFoto: DEONFERREIRA  ~ 

DIE saak teen die selferkende middelman in die Jayde Panayiotou-moordsaak is Vrydag weer uitgestel.

Luthando Siyoni het Vrydag vlugtig in die Baaise landdroshof verskyn, berig Algoa FM.

Siyoni se saak is laas uitgestel sodat die provinsiale direkteur van openbare vervolging (DOV) kan besluit oor die gereedheid van die saak om na die hooggeregshof oorgeplaas te word.

Volgens die staat het die DOV nog nie hieroor besluit nie.

Siyoni se lawyer, Zolile Ngqeza, het nie Vrydag se hofverrigtinge bygewoon nie en die hof het nie geweet waar hy hom bevind nie.

Siyoni het gesê hy het op 4 Julie met sy prokureur gepraat toe sy aansoek om borgtog geweier is.

Hy het die polisie vir byna ses maande ontduik nadat sy immuniteit teen vervolging aan die einde van die verhoor van die sakeman Christopher Panayiotou en sy twee medepligtiges herroep is. Siyoni is toe in Mei by sy huis in KwaZakhele in hegtenis geneem.

Sy voormalige baas en Jayde se man, Christopher, is lewenslank tronk toe gestuur vir sy aandeel in sy vrou se moord.

Landdros Thandeka Mashiyi het die saak tot 31 Augustus uitgestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters