6 dae gelede
Mense vies oor padprojek
Jô! Dumisani Soboyisi se kar sit in die modder vas. FOTO VERSKAF  ~ 

VYF jaar nadat 23 km se grondpaaie opgegradeer moes word, moet inwoners van Lady Frere in die Oos-Kaap steeds die slegte paaie trotseer. Die projek se geld is elders aangewend, berig GroundUp.

Die padwerke het in 2014 begin, maar is nooit voltooi nie. Die inwoners sit met meer vrae as antwoorde oor hierdie projek van R15 miljoen.

Big Eye Investments (BEI) het ’n kontrak van die Oos-Kaapse departement van paaie en openbare werke gekry om die paaie op te knap.

Vier maande ná die begin van die projek was dit duidelik BEI kom nie sy verpligtinge na nie. Die kontrak is toe net gekanselleer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters