2 maande gelede
Meisie se lyk onder stene
Landroshof in Elliot.  ~ Google maps

’N MAN sou Vrydag in die Elliot Landdroshof in die Oos-Kaap verskyn vir die moord op sy girlfriend.

Die cops het die vrou (24) se lyk Woensdag by ’n steenmakery in Pola Park gevind. Haar oorskot is in ’n gat versteek en met bakstene toegemaak.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê die verdagte se suster het die cops op 29 Februarie gebel en gesê haar broer “het sy girlfriend vermoor”.

Tonjeni voeg by: “Die polisie het die 30-jarige manlike verdagte na die toneel geneem waar hy hulle gewys het waar die lyk is. Die slagoffer se liggaam het sigbare kneusplekke aan.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters