2 maande gelede
Lorrie brand in die Baai
LORRIE IN VLAMMEFOTO VERSKAF  ~ 

ONTEVREDE inwoners wat oor dienslewering betoog, het ’n vierde lorrie Vrydag in die N2-omgewing van die Markman industriële area naby Motherwell aan die brand gesteek, berig Algoa FM.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die situasie is nog onvoorspelbaar. Nóg bloues is Vrydag uitgestuur om sake te stabiliseer.

Die betogers het vroeër die paaie uit die township afgesper sodat pendelaars gestrand was. Die betoging het Donderdag begin toe twee trokke aan die brand gesteek is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters