7 dae gelede
‘Lemmer’ gou in boeie
VLUGPAD: Die swernoot was op Mission Road toe hy opgepik is. Foto: GOOGLE MAPS  ~ 

’N VERDAGTE (26) is Vrydag gearresteer nadat ’n vrou (44) in haar huis in Kaapweg, Kabegapark, aangeval en beroof is.

Die vrou was tuis toe ’n werknemer van haar man glo omstreeks 09:15 aan die deur klop en sê hy’t sy ID in hulle garage vergeet. Toe sy saam met hom garage toe stap, het hy haar verskeie kere gelem en met die mes nog in haar nek in die garage vasgebind.

Sy kon haar loswoel en die garage se venster breek om na die bure te ontsnap. Sy is per ambulans hospitaal toe.

Die Baaise cops het die skobbejak se beskrywing gekry en hom kort daarna in Mission Road, Kuyga, opgepik. Daar was glo bloed aan sy hande en items soos juweliersware en die slagoffer se selfoon in sy sak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters