17 dae gelede
Kolisi se ou skool op hol
Emsengeni PrimêrFoto: NEWS24  ~ 

ONNIES en leerders by Emsengeni Primêr in Zwide, Port Elizabeth, het Vrydag uit volle bors gesing voor gister se Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en Engeland.

Die Bokke se kaptein, Siya Kolisi, het hier skoolgegaan voordat hy na die Hoërskool Grey geskuif het.

By Emsengeni het die vlae gewapper, kids het rondgehol en die onnies was geklee in die goen-en-goud. Dié skool was duidelik trots op een van sy eie wat dit ver gebring het. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters