9 dae gelede
Gekaapte kar brand uit
IN LIGTE LAAIE: Die motor is in vlamme. FOTO VERSKAF  ~ 

’N GEHIJACKTE kar is Donderdagaand in Uitenhage aan die brand gesteek in wat dalk die gangsters se magsvertoon ná die dood van ’n bendelid wat glo into hijackings was.

Die voorval het gebeur net nadat Lunga Pongoma (35), ’n reeksmisdadiger, vroeër die Donderdag in sy bed in Dalindyebo Avenue, KwaNobuhle, doodgeskiet is in ’n beweerde bendeverwante hit. Pongoma se dogter (7) is ook rakelings getref, maar is fine.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die VW Golf is aan die brand gesteek nadat ’n man (56) en sy vrou omstreeks 22:15 in Hunaweg uit die kar gegooi is. Vrese het na New Brighton versprei oor ’n skietery uit wraak by Pongoma se begrafnis. Herald Live

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters