15 dae gelede
Fiela trek talle skobbejakke vas
Foto: IOL  ~ 

’N GESAMENTLIKE operasie tussen die Motherwell cluster-polisie en die munisipaliteit se brandweer- en elektrisiteitsdepartement het groot suksesse opgelewer.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die Fiela 2-operasie het Donderdag 10:00 begin en tot Vrydag 06:00 geduur.

Hy sê die doel van die operasie was om plaaslike ondernemings en taverns te besoek en te check of hulle registrasie en sertifisering wettig­ is.

Die plekke is ook besoek om te check vir gesteelde goedere, onwettige vuurwapens en drugs.

Tydens die operasie is 17 compliance-kennisgewings uitgereik.

Twee kennisgewings hou verband met registrasiesertifikate wat nie gewys kon word nie.

Voorts is nog vyf compliance-kennisgewings uitgereik met betrekking tot onwettige gebouvergrotings en vier kennisgewings vir brand­veiligheid.

’n Bykomende vier compliance-kennisgewings is uitgereik met betrekking tot kwessies oor brandveiligheid.

Ses kennisgewings vir onwettige elektrisiteitsverbindings is ook uitgereik. Boetes van ’n allemintige R40 000 is uitgereik met betrekking tot dié verbindings.

Gestrip

Volgens Beetge is ’n Toyota Cressida in Mpondostraat in Zwide teruggevind. Dié voertuig is vroeg verlede maand in Kwazakhele gesteel.

Hy sê die voertuig was heeltemal gestrip en ’n ondersoek na die missing motorparte is reeds begin.

Volgens Beetge is beslag gelê op 1 kg dagga en 92 Mandrax-tablette. Die straatmarkwaarde van die drugs is R7 000.

Voorts is drie inhegtenisnemings gemaak met betrekking tot dwelmverwante misdade.

Hy sê ’n persoon wat alkohol sonder ’n permit verkoop het, is ook in hegtenis geneem.

Volgens Beetge het die operasie in die nagtelike ure uitgebrei na ’n soektog na wanted suspects vir wie lasbriewe vir hulle inhegtenis­neming uitgereik is.

Hy sê 18 verdagtes is in hegtenis geneem vir verskeie misdade wat wissel van moord, aanrandings, verkragtings en opsetlike saakbeska­diging tot dwelmverwante sake.

Genl.maj. Dawie Rabie, Motherwell se gebiedsbevelvoerder, het gewaarsku die polisie sal voortgaan met die spesiale operasies om te verseker dat die gereg gerespekteer en eerbiedig word.

Hy het gemeenskappe aange­moedig om “hande te vat met die polisie” om ’n veiliger omgewing vir almal te verseker.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters