6 maande gelede
Drie brande in Kouga met opset gestig
puin: Tien spoghuise in St. Francisbaai in die Kouga-streek is in Desember geheel en al vernietig. Foto: LULAMA ZENZILE  ~ 

DIE verwoestende brande in Desember­ in St. Francisbaai wat 10 huise vernietig en nog 3 erg beskadig het, is heel waarskynlik doelbewus gestig.

Dít blyk luidens ’n onafhanklike assessering van die brande wat deur die Kouga-munisipaliteit aangevra is.

Die ondersoek is deur Phoenix Fire Protection Services gedoen en die verslag is laas week tydens ’n raadsvergadering voorgelê.

Dewald Barnard, hoof van die brandweer in Kouga, sê die doel van die onafhanklike verslag is om vas te stel presies wat op 18 Desember gebeur het.

Woed

Op dié dag met sy stormsterk winde het die brandweer in Kouga geworstel met ’n brand tussen Sea Vista en ’n ou vullisterrein toe hulle uitgeroep is na nóg ’n brand.

Barnard sê toe hulle by die tweede brand kom, het hulle ’n call gekry oor ’n derde brand wat agter die grasdakhuise woed. Dié derde brand het uiteindelik die verwoesting gesaai in die dorp.

Daar is geen link tussen die drie brande nie. Brand 2 en brand 3 is beslis doelbewus begin.

Die polisie ondersoek tans ’n saak van brandstigting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters