3 maande gelede
Doen mediese besnyding sê departement
verwelkom: Jong laities staan tou om meer van circumcision te wete te kom. Foto: mkhuseli sizani  ~ 

DIE aaneenlopende program van die Oos-Kaapse departement van gesondheid om jong seuns aan te moedig om vir mediese besnyding te gaan, is met ope arms in Joubertina verwelkom.

Gesondheidsbeamptes beweeg tans van gemeenskap tot gemeenskap in die Sarah Baartman-distrik om seuns vanaf die ouderdom van tien jaar oud in te lig oor die voordele van circumcision.

In die Ravinia-woonbuurt het seuns in groot groepe opgedaag om hulle vir die program te laat registreer. Hulle ouers het hulle ook aangemoedig om dit te doen.

Jan Felix (64), een van die ouers, het gesê: “Hierdie inisiatief is iets goeds vir die gesondheid van ons kinders.

“Hulle (die kinders) is vanaf ’n jong ouderdom af al seksueel aktief.

Oorweeg

“Die verpleegsters het ons meegedeel dat circumcision die oordra van seksueel oordraagbare siektes sal verminder – en dít is hoekom ons die kinders aanmoedig om daarvoor te gaan.”

Ruwaldo Miggels (18) sê hy het dit nog nooit vantevore gedoen nie, maar oorweeg dit nou sterk om vir ’n circumcision te gaan.

“Ek voel goed daaroor en dit is gesond,” het hy gesê.

’n Veldwerker het gesê hulle werk word deur tradisie gekniehalter.

“Die iingcibi en die amakhankatha dink ons is nou hier om hulle werk oor te vat. Maar ons is net hier om mense aan te moedig om circumci­sion op ’n gesonde manier te doen.

“Ons kry baie gevalle waar jong seuns se voorhuide beskadig word omdat hierdie seuns self-circumci­sion wil toepas.

“Sommige draai selfs toue om en doen dan infeksies op,” het die gesondheidswerker verduidelik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters