Verlede maand
‘Doen dit vir jouself – en hulle om jou’
IN AKSIE: In sy song “Lockdown” inform Early B mense wat om in dié tyd te doen.  ~ Foto Verskaf

‘ONS is in ’n oorlog met ’n onsigbare enemy .... wêreld in ’n lockdown, virus travel hier.

“Bly by die huis, my broe’, ek weet dit issie lekke’ nie ...”

Dít is ’n uittreksel uit die Baaise Afrikaanse rapper Early B se splinternuwe song, “Lockdown”.

Dit handel oor die Covid-19-pandemie waaronder die wêreld tans gebuk gaan.

Dié talentvolle artist van Bloemendal in die Baaise Northerns is veral bekend vir sy hit song “Ben 10”.

Early B het Vrydag aan Son op Sondag vertel die song is geskryf as ’n result van ’n lockdown chal­lenge wat ’n inisiatief deur ’n Kaapse radiostasie was.

Volgens hom is die song baie informative. Hy lig mense in oor die dos en don’ts tydens die lockdown.

Early B sê hy wil mense deur middel van die song advise om eerder by die huis te bly, want indien jy nie na jouself omsien nie, sien jy ook nie na die next persoon om nie.

Volgens Early B het hy juis die song in layman’s terms geskryf sodat hy meer mense kan bereik.

Hy sê die video vir die song is verlede week in Tamboerskloof in Kaapstad geskiet.

Die opname van die video het sowat 15 minute geduur.

Volgens hom het hy die lirieke vroeër die betrokke dag geskryf. Dit het hom sowat twee tot drie uur geneem.

Early B sê die lirieke vir die song het sommer baie maklik gekom.

Volgens hom doen “Lockdown” baie goed in die sosiale media. Dit het teen Vrydag meer as 15 000 views op Instagram en sowat 100 000 views op Facebook gehad.

Early B sê in die song sê hy wat hy wil sê; hy gaan nie nog ’n vollengte-song daaroor maak nie.

Hy verduidelik “Lockdown” is bloot informative, maar hy gaan ’n follow-up doen vir die album waaraan hy tans werk.

Hy sê in daardie song gaan hy mense meedeel hoe hy tydens die lockdown gecope het.

Broodwinners

Early B sê hy wil graag vir die mense daar buite sê die lockdown is juis verleng sodat mense ’n kans teen die virus kan hê. Die reëls moet dus gevolg word. Volgens hom re­spekteer diegene wat die restric­tions ignoreer, nie die lewe en dié van die next persoon nie.

Sy boodskap aan die broodwinners wat nie tans werk nie, is: “Dis nie jou skuld nie. Vat dit one day at a time. Ons moet doen wat ons kan om bo uit te kom. Don’t be hard on yourself.”

Early B se manager, Ro­chelle Swartz, sê “Lockdown” is baie powerful, “want Early B praat die taal wat almal praat om die boodskap tot op grassroot level tuis te bring”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters