6 maande gelede
DA cops toe oor leer-tender
KLA: Yusuf Cassim op pad om ’n klag te lê. Foto: CHARLES PULLEN  ~ 

DIT kan nie toegelaat word dat mense die Covid-19-krisis hijack om shortcuts te vat met prosesse en hulself sodoende te verryk nie.

Só het die DA se Oos-Kaapse skaduminister oor onderwys, Yusuf Cassim, gesê toe hy Vrydag ’n strafregtelike saak teen die onderwysdepartement aanhangig gemaak het.

Tablette

Die saak hou verband met die toekenning van ’n kontrak ter waarde van R160 miljoen aan die Sizwe Africa IT Group.

Dié firma moet ’n e-leer-platform en tablette vir gr. 12-leerders aan die departement verskaf.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, bevestig ’n saak wat verband hou met die verontag­saming van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur is by die polisie aanhangig gemaak.

Die saak is gemaak teen die onderwysdepartement en die hoof van die departement, supt.genl. Themba Kojana.

Woensdag het die portefeulje­komitee oor onderwys vergader.

Cassim beweer die Oos-Kaapse LUR vir onderwys, Fundile Gade, het toe aanvanklik geweier om vrae oor die omstrede R160 miljoen-kontrak te beantwoord.

Volgens Cassim is die kontrak toegeken sonder dat dit op tender uitgegaan het.

Hy sê die departement van onderwys het die kontrak met Sizwe Africa IT Group, ’n subsidiary van die welbekende ANC ally Iqbal Survé se Ayo Technology Solutions, gesluit deur middel van ’n transversal term-kontrak.

Dít is gegrond op die bestaande kontrak met die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme.

Hy sê die verkrygingsproses is onder die vaandel van maatreëls teen Covid-19 versnel.

Die tablette wat verkry is, sal eers beskikbaar wees wanneer die matrikulante terug is by die skool.

Cassim sê op die vergadering het die LUR erken die aangeleentheid hou nie verband met Covid-19 nie.

Onderling

Cassim sê kragtens verkrygingsregulasies (tesourie-regulasies 16A6.6), kan piggy-backing op ’n ander departement se kontrak net onder streng voorwaardes gedoen word.

Dit sluit in dat die goedere of dienste dieselfde moet wees en nie bloot onderling verbind nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters