6 maande gelede
Boewe teiken nou mense by biblioteke
veiligheidsmaatreëls: Busisiwe Mbiwo, streekbestuurder van Nelson Mandelabaai se biblioteekdienste, wys die stad se mayor, Mongameli Bobani hoe veilig die Zwide Biblioteek is.FOTO’S VERSKAF  ~ 

PERSONEEL van ’n Baaise biblioteek is getraumatiseer nadat ’n armed robbery helder oordag daar plaasgevind het.

Die Zwide Biblioteek het die laaste tyd ’n broeiplek geraak vir kriminele aktiwiteite.

Talle voorvalle van misdaad op die perseel is aangemeld.

Mongameli Bobani, die burgemeester van die Nelson Mandelabaai Munisipaliteit, het die biblioteek Donderdag besoek.

Patrick Vani, raadslid van wyk 26, was saam met hom daar.

George Geleba, Bobani se woordvoerder, het gesê die mees onlangse voorval het Dinsdag voor 09:00 plaasgevind.

“ n Gewapende rooftog het buite die biblioteek se deure gebeur.

“Twee besoekers se fone en rugsakke is gevat deur twee skurke met gewere,” het Geleba gesê.

Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, het dit bevestig.

“Twee mense het buite die biblioteek gewag. Dit was nog gesluit.

Vrees

“Twee onbekende gewapende mans het na hulle gekom, hulle selfone en rugsakke geëis en toe weggehardloop. Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof,” het Beetge gesê.

Volgens Geleba het dié gebeurtenis die personeel getraumatiseer. Hulle vrees nou vir hulle veiligheid.

Bobani het die personeel gerusgestel dat hulle veiligheid verseker sal word. Die toegang tot biblioteke vorm immers deel van persoonlike ontwikkeling.

“Die doel van biblioteke is om die gemeenskap te bemagtig en om die inwoners toegang te gee tot inligting.

“Ons sal die insident ondersoek en met die oortreders afreken, maar ons kan dit nie sonder die gemeenskap se hulp doen nie,” het Bobani gesê.

Die burgemeester het voorts beloof om met die sekuriteitsafdeling te vergader oor die moontlikheid om elke dag sekuriteitspersoneel op die perseel te hê.

’n Doeltreffende veiligheidsplan vir al die biblioteke in die Metro sal ook bespreek word sodat personeel en besoekers veilig kan voel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters