2 maande gelede
Bloues raid dwelmposte
VONDS: Dié moeties is teen die wet. Foto: SAPD  ~ 

IN ’N deurnag-operasie in die Baai se noordelike gebiede het die nasionale intervensie-eenheid, PE-blitspatrollie en honde-eenheid vermeende druglords se huise Vrydagoggend in Gelvandale en Bethelsdorp geraid.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n man (21) is in ’n huis in Phyllisstraat, Shauderville, gearresteer vir die besit van dagga en medisyne van sowat R15 000. Dit sluit 7 619 Stilpane-pille, 35 flessies hoesstroop (100 ml elk) en 900 Purata-pille in.

Twee mans (van 30 en 42) is onderskeidelik by ’n huis in Kalotastraat, Uitbreiding 21 in Bloemendal, en Kronenbergstraat, Bethelsdorp, aangekeer vir die besit van dagga met ’n geskatte waarde van R5 000.

Hulle loop almal binnekort hof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters