Verlede jaar
Blom van die Baai floreer op die lug
Adore Morgan Foto verskaf  ~ 

GEBORE en getoë in die Vriendelike Stad, Port Elizabeth. Dis die radio-omroeper Adore Morgan van PEfm wat die nasie bemoedig en haar gemeenskap dien met die goeie nuus van die evangelie.

Morgan sê sy is al 13 jaar in die radiobedryf en die afgelope twee jaar by PEfm.

Sy is opgewonde oor die TV-program wat sy binnekort gaan aanbied.

Sy sê: “Die lewe is kosbaar. ’n Mens weet nooit wanneer dit jou laaste keer is dat jy iemand sal sien nie, so leef voluit.

“Wees lief vir mekaar, vergewe mekaar en onthou om te glimlag. Daar is so baie om voor dankbaar te wees. Ek het nog ’n werk en die support van my ouers, familie en vriende.

“Die gemeenskap van Uitenhage, Despatch en die breë PE is so amazing en my hart loop oor van dankbaarheid vir al die liefde.

Beplan

“Dis so ’n voorreg om die Here se naam te verkondig op radio en dit ten alle tye hoog te hou.”

Morgan vertel laggend haar gunsteling-vers in die Bybel is eintlik die hele Woord.

Tog sonder sy Jesaja 43:1 uit: “Ek het jou by jou naam geroep en jy is Myne – staan uit.”

Adore sê: “Die mens beplan sy pad, maar die Here beplan hoe dit loop, sê die Woord ook in Spreuke 16:9.”

Sy voeg by: “My inspi­rasie is my dogter, Mya-Skye. Sy is my sonskyn, my alles – die een wat my bloeddruk normaal hou, maar my ook grys hare gee.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters