2 maande gelede
Bhisho-slagting gedenk
destyds: Oupa Gqozo toe hy Ciskei nog regeer het. Foto: sahistory.org.za  ~ 

DIE Oos-Kaapse regering het Vrydag in Bhisho ’n gedenk-en-reinigingseremonie gehou vir die Bhisho-slagting van 1992.

Die slagting het ontstaan toe brig. Oupa Gqozo, leier van die destydse tuisland Ciskei, sy soldate beveel het om op betogers los te brand.

Van die 80 000 betogers wat geëis het dat Gqozo ver­wyder moet word, is 28 dood en tientalle gewond.

Twee jaar gelede het die provinsiale regering ’n stigting op die been gebring om die families van die slagoffers met hulle opvoeding en gesondheidsbehoeftes by te staan.

Andile Nduna, ’n woordvoerder vir kuns en kultuur, sê dié dag is baie belangrik. SABC

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters