9 maande gelede
Bedrogsaak na handelshof
Leon Lewitton.  ~ ALGOA FM

DIE saak van bedrog teen twee belegging-makelaars wat na bewering R17 miljoen uit hulle beleggers getap het, is na die Port Elizabeth Handelshof oorgeplaas.

Michael Rathbone (31) en Leon Lewitton (29) het Vrydag vlugtig in die PE Landdroshof verskyn. Die Valke het hulle in November gearresteer vir die onwettige bedryf van hulle belegging-firma, Helping Hand Investment, vanaf 2016.

Die Valke sê die twee het beleggers in die Baai gewerf met beloftes van ’n opbrengs van 15% tot 45% per jaar.

Hulle het in Desember borgtog van R50 000 elk gekry en staan tereg op 193 klagte, insluitend diefstal en bedrog.

Die saak is tot 18 Maart uitgestel. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters