2 maande gelede
Bandiete lem drie DKD-bewaarders
GOVERNMENT HOTEL: Die St. Albans-gevangenis is nie ’n plek vir sissies nie.Foto: son  ~ 

DIE St. Albans-gevangenis buite die Baai doen ’n ondersoek nadat drie van sy bewaarders gelem is.

Singabakho Nxu­malo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), sê die voorval het Donderdag omstreeks 11:00 gebeur.

Dit was toe die bewaarders die klomp bandiete na hul selle be­gelei het ná ’n verpligte daaglikse oefensessie.

Die gevangenes is in die maksimum-afdeling in aanhouding.

Nxumalo sê ál drie beamptes is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Hy sê: “Die DKD sal verseker dat hulle die beste behandeling moontlik gebied word. Die DKD het onmiddellik met ’n interne ondersoek begin en die verdagtes is reeds geïdentifiseer.

“In die ondersoek sal vasgestel word watse wapens gebruik is en hoe die gevangenes daaraan gekom het.

“Ons sal ook vasstel of die aanval vooraf beplan is. Dié tipe aanvalle is gewoonlik nie net random nie, maar word beplan.”

“Die voorval is ook by die polisie aangemeld.

Vervolg

“Ons sal sulke wangedrag nie duld nie, want dis ’n bedreiging in ons sentrums.

“Dis duidelik ’n geval van hooligan­ism en die DKD sal alles moontlik doen om te verseker dat diegene vervolg word wat betrokke was by die voorval.”

Nxumalo sê die DKD monitor die gedrag van inmates en sal stappe doen om die veiligheid van sy bewaarders en ander inmates te verseker.

Hy sê: “Sulke voorvalle kom gewoonlik voor in die medium-afdeling.

“Hulle doen dit gewoonlik om hulself te probeer bewys of hulle mag op die bewaarders te probeer afdwing.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters