3 maande gelede
Aanval op oue is vreemd
Kapt. Sandra Janse van Rensburg.  ~ 

’N BAAISE man (83) is in die hospitaal nadat hy in sy huis in Greenshieds Park aangeval is, berig Algoa FM.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê hy kan nog nie praat nie; daarom het die cops solank ’n voorlopige dossier vir hom aangelê. Die oom se seun het Donderdagmiddag op hom afgekom.

’n Saak is geopen van “aanranding met die opset om ernstig te beseer” en “huisbraak met die opset om ’n misdaad onbekend aan die aanklaer te pleeg”.

Dis ongewoon, want niks is gesteel nie en die plek is nie omgedolwe nie. Die ondersoek duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters