24 dae gelede
Zuma-span se leuen sink
OEPS! Jacob Zuma se span is uitgevang. Foto: REUTERS  ~ 

OUDPRES. Jacob Zuma se regspan het die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg dié week wysgemaak ’n sleutelgetuie en samesweerder in die beweerde korrupsie waarvan hy aangekla word, is dood. Maar toe vind speurders hom springlewendig in Europa!

Alain Thétard, omstrede oudhoof van Thales South Africa en skrywer van die berugte geënkodeerde faks, is opgespoor, het News24 bevestig.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestiging van sy whereabouts gekry nadat die hofdokumente op 11 Maart ingedien is. Uit dokumente en hofredes in Zuma en Thales se aansoek om nie verder vervolg te word nie, blyk dit Zuma se span het aan die hof vertel Thétard is oorlede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters