Verlede maand
Zuma sing op seremonie
Jacob ZumaFoto: INSTAGRAM  ~ 

OUDPRES. Jacob Zuma het ’n skare Donderdag by die Universiteit van Zoeloeland (Unizulu) op hulle voete gehad met ’n opruiende weergawe van “Awuleth’ Umshini Wami” (“Bring My Masjiengeweer”).

Hy was daar vir sy dogter Brumelda se gradeplegtigheid. Gcina Nhleko, universiteitswoordvoerder, sê Brumelda het ’n BA-graad in administrasie verwerf.

Nhleko sê Zuma was in ’n goeie bui en het die Unizulu-koor spontaan gejoin in die sing van die gewilde song wat nou al sinoniem met Msholozi geword het. “Dit was ’n spontane oomblik. Hy is ’n goeie performer en hou daarvan om te entertain.” – TimesLive 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters