2 maande gelede
Zuma-lojalis sê hoekom hy kommissie los
min tyd: Comfort Ngidi meen die kommissie gaan te lank vat. Foto: NETWERK24  ~ 

DIE prokureur Comfort Ngidi het mediaberigte verwerp oor sy rol by die kommissie van ondersoek na staatskaping.

Ngidi sê hy’t hom aan dié kommissie onttrek oor ’n gebrek aan tyd, nie wens klagtes oor botsende belange soos in die media berig word nie.

Ngidi is ’n Jacob Zuma-lojalis, wat ’n veldtog van “bekommerde” law­yers in KwaZulu-Natal gelei het om die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela te diskrediteer.

Die kommissie van ondersoek, wat deur regter Raymond Zondo gelei word, is die gevolg van Madonsela se verslag oor staatskaping.

Kommer is in die media uitgespreek oor Ngidi se aanstelling by die kommissie, veral ná sy uitlatings oor Madonsela. Ngidi het vroeër dié week sy versoek om lid van die kommissie te wees, teruggetrek.

Ná sy onttrekking het die kommissie in ’n verklaring gesê: “Mnr. Ngidi het in sy redes gesê toe hy aanvanklik versoek het om deel van die werksaamhede te wees, moes die kommissie sy werksaamhede binne ses maande voltooi. Maar omdat die kommissie nou twee jaar nodig gaan hê om sy werk te doen, is Ngidi nie vir so ’n lang tyd beskikbaar nie.”

Ngidi het die rede wat hy aangevoer het vir sy onttrekking aan die kommissie aan News24 bevestig.

“Ek het besef dat die kommissie eintlik twee jaar benodig om sy werksaamhede af te handel.

“En tweedens was daar die kommer oor botsende belange weens die uitlatings wat ek in die openbaar oor adv. Madonsela gemaak het.

“My kantoor het die besluit geneem dat dié kommissie belangriker vir ons land en ons jong demokrasie is.

“As daar enige regsgrondslag is vir dit wat die media te kenne wil gee, dan moet ek ’n aanstelling by die kommissie van die hand wys,” verduidelik hy. Ngidi voeg by hy het adv. Vuyani Ngalwana SC gevra om vas te stel of dié soort kommer van die media geregverdig kan word in terme van die wet en die reëls van die regs­gemeenskap.

“Ngalwana het tot die slotsom gekom daar is geen gronde vir sulke kommer nie omdat ek nog nooit namens oudpres. Zuma, sy familie of die Guptas opgetree het nie.

“Ngalwana was ook van mening dat ek nooit kommentaar gelewer het oor die staatskapingverslag nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters