4 maande gelede
Zuma jr. ‘jaag nie’
korrupsie: ’n Leser skryf oor Jacob Zuma en sy seun Duduzane en die sake teen hulle. Foto: themba makofane  ~ 

DIS onwaarskynlik dat Duduzane Zuma gejaag het toe sy Porsche 911 Turbo teen ’n taxi gebots en ’n vrou se dood veroorsaak het, het Konrad Lotter, ’n forensiese ingenieur en ongeluksontleder, Donderdag in die Randburg-landdroshof getuig.

Duduzane, seun van oudpres. Jacob Zuma, staan tereg op aanklag van strafbare manslag ná die botsing waarin Phumzile Dube op ’n reënerige nag in 2014 op die M1 naby Sandton dood is, berig News24.

Lotter het die verdediging se argument gestaaf dat Zuma beheer oor sy kar verloor het nadat dit ’n plas water getref het.

Die saak is tot 20 Junie uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters