Verlede maand
Zondo verbaas
Regter Raymond Zondo  ~ city press

REGTER Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, was Vrydag verbaas om te hoor die top-bestuur van Transnet, die staatsbeheerde maatskappy verantwoordelik vir spoorvervoer, hawens en pyplyne, het die keuse gehad om tenders geheim te hou totdat hulle toegeken is.

Zondo-hulle ondersoek bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog.

Peter Volmink, Transnet se uitvoerende hoof vir korporatiewe bestuur, het getuig wanneer ’n Transnet-kontrak as vertroulik geklassifiseer is, kon dit die gewone toesigproses grootliks systap. – Fin24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters