3 maande gelede
Waterfiasko bedreig SA
SIES! Riool loop in ons riviere. Foto: environment.co.za  ~ 

VERGEET beurtkrag. Ons land se watersituasie is veel erger ...

Ná twee dekades van min of g’n onderhoud by munisipale rioolaanlegte en korrupsie kan Suid-Afrikaners die slagoffers word van watersiektes en dors.

Baie plekke in Limpopo het geen water nie. Kimberley se watertoevoer word snags toegedraai. Die weermag probeer keer dat miljoene liter onverwerkte riool in die Vaalrivier vloei. In Parys kla die inwoners hulle vuil water stink na vrot eier.

Dele van KwaZulu-Natal se suidkus het ’n maand laas water gehad. Dit gaan woes.

Die regering het sy jaarverslae oor water en sanitasie laas in 2013 openbaar gemaak. En toe al het ons watersake en watergehalte al agteruit geboer. – Health-E News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters