6 maande gelede
Vuil gemorste maai onskuldiges af
 ~ 

DIE polisie het ’n soektog begin na ’n groep verdagtes wat drie mense Vrydag in ’n besigheidsrooftog doodgeskiet het.

Die voorval het omstreeks 19:00 in ’n winkel in Eikenhof, Johannesburg, gebeur.

Volgens die Gautengse polisie het ses mans die winkeleienaar, personeel en kliënte gekonfronteer.

Die vuil varke het wild in die winkel begin skiet en een van die kliënte met ’n mes gesteek.

Die winkeleienaar en een van sy personeellede is toe doodgeskiet.

Een van die kliënte is ook geskiet en het op pad na die hospitaal beswyk.

Kol. Lungelo­ Dlamini, ’n polisiewoordvoerder, het die sterftes aan News24 bevestig.

“ ’n Onbekende bedrag geld is gesteel en die polisie ondersoek klagte van moord, poging tot moord en besigheidsroof,” het hy gesê.

Gejaag

Die ER24-paramedici wat hulle na die toneel gehaas het, sê een van die slagoffers was by hul aankoms reeds dood.

“Die paramedici het die kritiek gewonde mans op die toneel behandel, maar een van hulle se toestand het versleg en ondanks ál ons pogings is hy op die toneel dood,” het ’n ER24-woordvoerder, Werner Vermaak, gesê.

Twee ander kliënte wat ten tyde van die voorval in die winkel was, is behandel vir veelvuldige skietwonde, waarna die medics met hulle na die naaste hospitaal gejaag het vir verdere mediese behandeling.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters