3 maande gelede
Vrou, kind vas ná moord
Tony StrydomFOTO VERSKAF  ~ 

DIE vrou en seun van ’n man van Limpopo wat in ’n oënskynlike plaasaanval omgekom het, is nou in verband met sy dood gearresteer.

Tony Strydom (45) is in Julie 2016 op ’n hoewe naby Louis Trichardt dood.

Donderdag het Netwerk24 berig sy vrou, Rieta (65), en een seun, Hendrik (25), is in hegtenis geneem. Hulle het Vrydag in die landdroshof in Louis Trichardt verskyn op ’n klag van moord.

Vrydag het kol. Moatshe Ngoepe, ’n polisiewoordvoerder, aan News24 gesê: “Dis ’n baie ingewikkelde saak. Terwyl ons hier praat, volg die ondersoekbeamptes steeds leidrade op.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters