2 maande gelede
VF+ in sy noppies
Wouter Wessels, VF Plus-LP.  ~ 

DIE Vryheidsfront Plus (VF+) sê hy neem nou sy plek by die groot tafel in, want hy is nou een van die land se vyf groot politieke partye.

Die party is in die vyfde plek – ná die ANC, DA, EFF en IVP.

Die VF+ se hoof van verkiesings en strategie, Wouter Wessels, het Vrydagoggend aan News24 gesê sy party se prestasie is die gevolg van baie harde werk.

Wessels het die toename in steun toegeskryf aan meer stemme in veral die Vrystaat en Noordwes, waar die VF+ dienslewering kon help verbeter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters