4 maande gelede
Verkiesings wys oë van kiesers gaan oop
 ~ 

DIE verkiesing is nou done en dusted, en kiesers kan nou weer asem skep ná al die drama.

Asof dit nie genoeg was dat politieke partye kliphard vir stemme gevry het nie, was daar ook waaghalsiges wat dit durf waag het om meer as een keer te probeer stem.

Sowat 21 mense is hiervoor gearresteer en sal eersdaags in die hof verskyn.

Nou is dit ’n geval van wag ek kyk watter politieke party gaan eerste van al sy wonderlike promises vergeet.

Die land is in ’n krisis. Niemand kan daaroor stry nie. Wat ons as land nou nodig het, is politicians wat vir ’n slag hulle woord hou en hulle beloftes nakom.

As ’n mens buitendien na die finale uitslae kyk, was die verkiesing ’n behoorlike eye opener vir baie partye wat ’n duidelike boodskap uitstuur dat kiesers nie meer die politicians se liegstories entertain nie.

Nasionaal swaai die ANC ná vanjaar se verkiesings steeds die septer, maar ondersteuning vir dié party is aan die kwyn terwyl die raasbek EFF aan’t groei bly.

In die Wes-Kaap sal die DA ook juig oor sy oorwinning, maar hy moenie sy afname in steun uit die oog verloor nie.

Dit is duidelik dat antie Pat se Good-party daarin kon slaag om van die DA se ondersteuners te gaps.

Met die plaaslike verkiesings van 2021 wat volgende op ons wag, gaan dit interessant wees om te sien of die Good-party sy stem sal kan dik maak in ons plaaslike munisipaliteite.

Vir nou het die DA in die Wes-Kaap daarin geslaag om met sy gogga-maak-vir-baba-bang-taktiek (soos op hul plakkate) die kiesers lugtig te maak vir die ANC en EFF, maar vir hoe lank gaan mense vir dié grap val?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters