4 maande gelede
Valke vang 3 kollegas
valke: Drie van Hawks is vas.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DRIE lede van die Valke tussen die ouderdom van 49 en 55 is Vrydagoggend in Pretoria vir beweerde korrupsie, afpersing en dwarsboming van die gereg gearresteer, het brig. Hangwani Mulaudzi, die Valke se woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Die twee kapteins en ’n adjudant-offisier sou na verwagting Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn.

“Die drie beamptes het na bewering in Januarie ’n besigheidsperseel besoek.

“Hulle het ’n groot bedrag geld van ’n besigheids­eienaar geëis en gekry. Hulle het hom later afgepers deur te dreig hulle sal hom aan die owerhede rapporteer vir ongeldige dokumente en het hom ’n kans gebied om in SA aan te bly en sake te doen.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters