4 maande gelede
Taksman eis sy pond vleis
Koebaai! Die balju vat Huang en Fang se stuff.Foto: Alex Mitchley  ~ 

AMPTENARE van die balju van die Pretoriase hooggeregshof is besig met beslagleggings by vyf eiendomme van Jen-Chih “Robert” Huang en sy vrou, Shou Fang.

Dié berugte Taiwanse sake­man is na bewering ’n ANC-weldoener.

Die doel van die beslagleggings is om die R236 miljoen in te vorder wat die egpaar aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) skuld. Dis net ’n deel van die miljarde wat hulle die SAID al lank skuld.

Huang was ’n sakevennoot van Khulubuse Zuma (die voormalige president is sy oom). Hy en Jan Taks is al van 2012 haaks. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters