6 maande gelede
Stop padslagting
Wrakstukke het oor ’n groot gebied op die N1 gestrooi gelê. Foto: VERSKAF  ~ 

ELKE jaar is padsterftes in die feestyd ’n groot bekommernis.

Dié dodetal blyk elke jaar toe te neem, ten spyte van die owerhede se pogings om dit te verminder.

Sedert 1 Desember het sowat 160 mense hulle lewe op Wes-Kaapse paaie verloor teenoor die vorige jaar se 149. Die verwagting is dat dié syfer uiteindelik selfs hoër gaan wees.

Verskeie redes word aangevoer hoekom ons eenvoudig net nie dié dodetal kan verminder nie.

Daar is die dronk bestuurder wat glo hy is nog in staat om te bestuur, die voetganger wat baie male ook onder die invloed is, die padvark wat eenvoudig geen respek vir padreëls en ander padgebruikers het nie ...

Ons land se paaie bloei elke liewe jaar.

Iets drasties moet gedoen word, want die Vader weet, ons kan nie verder toelaat dat soveel onskuldiges hulle lewe verloor nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters