Verlede maand
Steve wil dish begrawe
STEVE HOFMEYRFoto: WIKIMEDIA  ~ 

DIE omstrede Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het aan sy fans gesê hy gaan ’n “spesiale begrafnis” vir sy DStv-skottel hou nadat ’n clip uitgekom het van ’n fan wat sy decoder in solidariteit met Steve breek.

MultiChoice het Dinsdag bevestig hy gaan nie meer enige van Steve se werk uitsaai nie en hy distansieer hom van dié Afrikaanse sanger.

Dít volg nadat ’n twiet van Steve uit 2014 opgediep is waarin hy beweer swart mense was die “argitekte van apartheid”, berig TimesLIVE.

MultiChoice se besluit het debatte in die sosiale media ontketen. Sommige mense het dit toegejuig. Ander is kwaad en het gesê hulle sal die maatskappy se dienste, insluitend DStv, voortaan boikot.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters