7 dae gelede
Seun betrap met naakte meisie
voorval: Twee kinders is in die manstoilette van ’n Wimpy in Mooinooi, Noordwes, gevang. Foto: GOOGLE MAPS  ~ 

DIE polisie in Noordwes het bevestig hulle ondersoek ’n voorval rakende twee minder­jariges by die Wimpy-restaurant in Mooinooi.

In ’n video wat viral gegaan het in die sosiale media, vra die Wimpy-personeel ’n jong seun hoekom hy saam met ’n sesjarige meisietjie in die mansbadkamer was.

Kaalvoet en met sy arm in die greep van ’n personeellid, sê die seun die meisietjie het hom gevra om dit te doen. Waarop die personeellid vra: “Om wat te doen?”

“Om haar te soen,” antwoord die seun dan.

’n Ander persoon wat vermoedelik die meisie se ma is, sê dan: “Ek kan mos nie my dogtertjie in die badkamer saam met jou vind waar haar klere uitgetrek is nie. In die manstoilet! Jy gaan opgesluit word!”

Footage

Terwyl dié konfrontasie plaasvind, kan die betrokke sesjarige meisie ook gesien word waar sy langs die grootmense staan in ’n pienk sweetpak.

Toe die grootmense die seun beveel om sy ma te bel, sê hy dat hy nie sy ma se nommer uit sy kop ken nie.

Regdeur die konfrontasie hou die seun voet by stuk dit was die meisietjie wat gesê het hy moet saam met haar na die toilette gaan. Hy word dan gewaarsku die kamera footage sal bewys hy lieg.

Brig. Sabata Mokgwabone, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig hulle ondersoek hierdie voorval. “Die voorval word deur die polisie se FCS-eenheid ondersoek,” het Mokgwabone bygevoeg.

Brig. Mokgwabone kon egter nie meer besonderhede verskaf nie omdat albei kinders minderjarig is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters