17 dae gelede
SAFA moet wakker skrik
danny jordaan  ~ 

DIE veiligheid van amateur­spelers in die laer ligas in die land is blykbaar nie ’n prioriteit vir die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) nie.

Dit was weer duidelik in laas Saterdag se Nedbank Cup-streekfinale vir Derde Liga-spanne op Esselen Park, Worcester. Daar was ’n geval waar ’n speler ’n besering opgedoen en sy kop in pyn vasgehou het.

’n Seun het met ’n bottel water op die veld gehardloop en is deur die ref weggewys omdat die speler volgens hom oukei was. Dít sonder dat enige medici die speler geclear het om verder te speel, want daar was geen medics langs die veld nie.

Belowe

Die ironie is dis nie die geval in die Premier- en Eerste Liga nie. Dis omdat dit mos op TV is waar almal kan sien en Safa hom nie só wil expose nie.

Dit laat ’n mens wonder of die status van die klub of liga bepaal hoe geregtig jy op eerstehulp of mediese diens is.

Son het onlangs berig oor skoksterftes van Kaapse spelers op die veld wat dalk ’n kans kon gestaan het as hulle net first aid ontvang het.

Safa Cape Town se president, Bennett Bailey, glo die dood van die 16-jarige Im­tie­yaaz Wagiet van Bayview FC was een te veel en het belowe hulle sal die kwessie aanpak.

Dink net watter aandag só ’n geval in rugby sou geniet? Bailey se Safa-grootbase in Johannesburg onder leiding van die president, Danny Jordaan, skep die indruk hulle is nie juis geworry oor die jong spelers se veiligheid op die sokkervelde nie.

Son op Sondag het Maandag al navrae aan Safa se kommunikasiehoof, Dominic Chimhavi, gestuur hieroor. Geen reaksie is ontvang nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters